Saul Bellow

Saul Bellow
Fotoportret van Bellow, stofomslag van Herzog (1964)
Gebore
Solomon Bellows

(1915-06-10)10 Junie 1915
Lachine, Quebec, Kanada
Sterf5 April 2005 (op 89)
Brookline, Massachusetts, Verenigde State
NasionaliteitKanadees/Amerikaans
Alma materUniversiteit van Chicago
Northwestern University
Universiteit van Wisconsin–Madison
Beroepskrywer
Eggenoot
  • Anita Goshkin (trou 1937; skei 1956)
  • Alexandra (Sondra) Tschacbasov (trou 1956; skei 1959)
  • Susan Glassman (trou 1961; skei 1964)
  • Alexandra Bagdasar Ionescu Tulcea (trou 1974; skei 1985)
  • Janis Freedman (trou 1989)
Handtekening

Saul Bellow (gebore as Solomon Bellows; 10 Junie 1915 – 5 April 2005) was 'n Kanadees-Amerikaanse skrywer. Hy het die Pulitzerprys, die Nobelprys vir Letterkunde en die Nasionale Kunstemedalje vir sy skryfwerk ontvang.[1] Hy is die enigste skrywer wat Amerika se nasionale boekprys vir fiksie drie keer kon wen. Hy het ook in 1990 die Nasionale Boekstigting se medalje vir lewenslange uitsonderlike bydraes tot die Amerikaanse letterkunde gewen.[2]

Sy skryfwerk versinnebeeld in die woorde van die Sweedse Nobelkomitee "'n mengsel van die ryk pikareske roman en 'n subtiele analise van ons kultuur, van vermaaklike avontuur, drastiese en tragiese episodes in vinnige opeenvolging wat afgewissel word met filsofiese gesprekvoering, en wat alles ontwikkel is deur 'n kommentator met 'n spitsvondige tong en deurtastende insig in die eksterne en interne komplikasies wat ons aandryf om op te tree of ons daarvan te weerhou; wat bestempel kan word as die dilemma van ons tyd." [3] Sy bekendste werke sluit The Adventures of Augie March, Henderson the Rain King, Herzog, Mr. Sammler's Planet, Seize the Day, Humboldt's Gift en Ravelstein in. Bellow se werk word beskou as 'n belangrike verteenwoordiger van 20ste eeuse letterkunde.[4]

Bellow het gesê dat van al sy karakters, Eugene Henderson van Henderson the Rain King hom die beste voorstel.[5] Bellow het grootgeword as 'n immigrant uit Quebec. Christopher Hitchens beskryf Bellow se fiksie en hoofkarakters as 'n spieëlbeeld van sy eie hunkering na onvergelykbaarheid, 'n geveg "om nie slegs die omstandighede van die ghetto te oorkom nie, maar ook gehtto-psigose."[6][7] Bellow se protagoniste worstel almal met wat Albert Corde, die dekaan in The Dean's December, "die grootskaalse kranksinnighede van die 20ste eeu" noem.

  1. University of Chicago accolades – National Medal of Arts. Opgespoor op 8 Maart 2008.
  2. "Distinguished Contribution to American Letters". National Book Foundation. Opgespoor op 12 Maart 2012.
  3. "Nobel Prize in Literature 1976 – Press Release". nobelprize.org. Besoek op 26 Augustus 2015.
  4. Doodsberig: Saul Bellow BBC News, Tuesday, 5 April 2005
  5. "The New York Times, Mel Gussow and Charles McGrath[2005], in Saul Bellow, Who Breathed Life into American Novel, Dies at 89". nytimes.com. Besoek op 26 Augustus 2015.
  6. Christopher Hitchens (2011). Arguably: Shortlisted for the 2012 Orwell Prize. Atlantic Books. p. 54. ISBN 978-0-85789-257-7.
  7. "Jewish American titan from the ghetto" Deur Christopher Hitchens, 30 Desember 30, 2011

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search